![]() | ![]() | |
|
|
Hallo almal, my naam is Gideon. Ek is werksaam as 'n K53 ligte motorvoertuig Instrukteur by Anton & Tanya Bestuurskool. Ek beskou myself as 'n hardwerkende instrukteur. My studente se sukses is my sukses. Raad wat ek graag met jou deel: Luister na dit wat ek jou leer en pas dit toe en saam SAL ons sukses behaal! Ons sal ons lesse saam baie geniet. So kry jy jou lisensie en ek behaal 'n goeie slaag persentasie! Ek bied opleiding aan in 'n VW Polo. Dis 'n maklike voertuig om in te leer bestuur en sy kragstuur maak dit 'n droom om mee te leer parkeer. Ek is beskikbaar vir opleiding Maandae tot Saterdag in die Noordelike Voorstede van Kaapstad sowel as die Bloubergstrand, Table View, Parklands, Milnerton en omliggende areas. As die nood druk is ek selfs bereid om 'n student op 'n Sondag te akkommodeer om te verseker dat so 'n student 100% gereed is vir sy/haar bestuurstoets. My opleiding bied ek aan in Engels sowel as Afrikaans. Moenie uitstel nie, skakel dadelik sodat ons met jou opleiding kan wegspring! Groete Gideon
|
|
SEARCH
ENIGINES | INTERNET
BANKING | EDUCATIONAL
LINKS | WEATHER | ONLINE
EMAIL | ONLINE
NEWS LINKS |
ONLINE
SHOPPING | |||||