Goeie dag!

Baie dankie dat u my webblad besoek.

My naam is Francois Koorts en ek is werksaam as 'n K53 Instrukteur te Anton & Tanya Bestuurskool.

Ek bied opleiding aan vir ligte motorvoertuie (kode 08) handrat of outomaties. Ek is beskikbaar vir opleiding vanaf Maandae tot Saterdae voldag. As nood druk sal ek jou selfs op 'n Sondag probeer inpas.

Die voertuig waarmee ek my opleiding aanbied is 'n Daihutsu Sirion met kragstuur. Dis 'n lekker motortjie wat maklik bestuur en maklik parkeer.

Uit ondervinding oor die jare weet ek dat sukses SLEGS behaal word deur middel van harde oefening, toewyding en deursettingsvermoe. Indien jy bereid is om my in jou vertroue te neem en my toelaat op jou ten volle op te lei, sal jy definitief sukses behaal. Ek geniet dit om saam met leerlinge te werk wie 100% insit tydens hul opleiding.

Net indien jy dalk wonder. Ek is Afrikaans maar bied wel opleiding in Engels, sou dit so verlang word.

Ek beskou myself as 'n eerbare instrukteur wat met die nodige geduld 'n leerling van beginner af kan oplei tot 'n volwaardige bestuurder en met my jare lange kennis sal ek jou die nodige vaardighede aanleer om jou bestuurstoets eerste keer te kan slaag.

Ek sien uit daarna om met jou opleiding te begin!

Beste wense

Francois

 

Nuwe motor oppad

 

Foto sal binnekort verskyn

 

 


SEARCH ENIGINES
INTERNET BANKING
EDUCATIONAL LINKS
WEATHER
ONLINE EMAIL
ONLINE NEWS LINKS

ABSA
DICTIONARY
YAHOO
ABC NEWS
FNB
WIKIPEDIA ENCYCLOPEDIA
WEBMAIL SA
BBC
NEDBANK
WIKILEAKS
ONLINE SHOPPING
TelkomSA
CAPE ARGUS
BOE
THESAURUS
MWEB/iAFRICA
CNN
CAPITEC
ONLINE ENCYCLOPEDIA
HOTMAIL
DIE BEELD
eBUCKS
HOW STUFF WORKS
GOOGLE MAIL
DIE RAPPORT
STANDARD
BITWISE-TIMCO
INDEPENDENT ONLINE
OLD MUTUAL
NEWS24
INVESTEC
SUNDAY TIMES
THE STAR